Spyskaart 101 – 5 oulike geregte vir jou troue
Die verskillende seisoene, diverse smake en kostes is alles belangrike elemente om in gedagte te hou as jy jou trouspyskaart kies.
Die spyskaart maak ’n groot deel uit van die geselligheid by jou troue. Yolanda Wessels gesels met Black Oystercatcher Wines oor watter opsies bruide kan oorweeg.
(Hierdie artikel het eers op www.troukoors.co.za verskyn.)
Sandra Human van Black Oystercatcher verklap watter spyskaart die bruidspaar, familie en gaste gelukkig sal hou.
Volgens Sandra is dit belangrik om die seisoene in ag te neem. Black Oystercatcher Restaurant glo daarin om bestanddele vars te gebruik, gewoonlik uit hulle eie groente-en kruietuin. Dus hang dit af wat op daardie stadium in seisoen en beskikbaar is.
“Ons leef volgens die seisoene,” sê Sandra. “Vars bestanddele dra baie by tot die kwaliteit maaltye. Gaste kan altyd die verskil proe want kwaliteit staan altyd uit.”
Sy stel vyf idees voor vir trougeregte op jou spyskaart, om te verseker dat gaste hierdié aand sal onthou.
1. Geroosterde Eend
Sandra sê: “Geroosterde eend is ’n unieke en redelik ongewone gereg vir jou spyskaart – ’n ‘wow’ gereg. Dit is nie iets wat ’n mens elke dag eet nie.” Geroosterde eend met lemoen werk baie goed. Die eend word gekook in ’n lemoensapaftreksel (maar moenie die vars kruie vergeet nie).
2. Verskeidenheid lamsvleis
Om kostes te bespaar, is dit slim om verskillende klein disse uit lam te maak. Sandra sê: “Bedien drie verskillende snitte of geregte op ’n bord, soos byvoorbeeld oondgebakte lamskenkels, stadig-gebakte rugstring met ’n sjokolade- en brandrissiesous, en gekarameliseerde ribbetjies. So kan jy die hele lam gebruik, wat help om kostes te bespaar en meer volhoubaar te werk.”
3. ’n Ander tipe hoofgereg
In plaas van een groot gereg, is dit nou nuwerwets om kleiner disse op jou spyskaart te bedien. “Hierdie geregte is groter as canapes maar kleiner as ’n voorgereg.” Sandra sê ’n mens kan begin met ’n beetsop wat liggies gegeur is met gemmer en salie en botterskorsie-wonton. Volg dit op met ’n Forelslaai en dan mini-roosterkoeke (met verskillende vulsels soos groenvye en Brie-kaas). Vir die vierde gereg, bedien ’n klein porsie filet (ongeveer ’n 100 gram), met tamatie, eiervrug en fetakaas.
Sy sê: “Vir ’n nagereg, kyk na ’n trio van disse, soos ’n klein melktert, sjokolademousse en truffels.”
4. Nagereg: Speel met ’n koek met verskillende lae
“Dit maak sin om die troukoek te gebruik as die nagereg,” sê Sandra. Nie net is dit heerlik nie, maar dit kan ook help om ’n bietjie geld te spaar en te verseker dat die troukoek nie oorbodig is nie. ’n Koek met drie lae, wat bestaan uit ’n wortelkoek, ’n witsjokolademoussekoek, en ’n rooifluweelkoek, kan ’n smullekker verskeidenheid bied op jou spyskaart.
5. Nagereg: ’n ‘kaaskoek’ met ’n verskil
Hierdie opsie is nie ’n regte koek nie, maar een saamgestel uit verskillende kase wat mooi gepak is. Sandra sê: “Bedien hierdie nagereg met ’n verskeidenheid ingelegte en/of vars vrugte om dit af te rond.” Die wyne wat bedien word by die troue, sal die kase mooi komplementeer.
Wees anders en stel ’n spyskaart saam wat jou gaste se asems sal wegslaan.
DIENSVERSKAFFERS:
Foto: Kikitography
Blomme en dekor: Annahes Event Decorators
Troukoek: Nicole Concer, Table Café
Troulokaal: Black Oystercatcher Wines
Wedding Inspiration
Wedding | Zahn and Bradley
If it rains on your wedding day, then you’ve been showered with blessings.
Wedding | Bea & Paul
The Black Oystercatcher is one of the prettiest venues that we looked at and marrying here was definitely the best choice we could make.
Our Wedding Venue
The wedding venue with a difference
We added a new venue to our centuries-old farmstead in 2016. It’s a venue that merges perfectly with the rich Overberg country: glass doors and windows all around, connecting you to nature.
Exposed brick walls, wooden beams, and a large veranda leading out to the infinity pool. And beyond that, the stretching Agulhas Plain countryside. Find out more.
Black Oystercatcher Venue on Instagram
[wdi_feed id=”1″]