Die perfekte dag vol liefde, vreugde en feesvieringe

Francisca en Gerhard het baie herinneringe saam as paartjie opgebou in Suiderstrand – net om die draai van Black Oystercatcher Wines. Daarom was dit vanselfsprekend dat dié twee wou trou naby die plek waar hulle storie gevorm het. En vir hulle was die Black Oystercatcher-venue die perfekte keuse.

Vriende en familie het van so ver as Australië en Engeland gekom, en die Durandt-paartjie sien trou by die NG Kerk in Bredasdorp. Dit was ’n winderige dag in die Overberg in April vanjaar, maar dit was net ’n baie goeie rede om die groot kaggels in die onthaalsaal aan te steek vir ’n warm atmosfeer.

Die onthaalsaal is omskep met ’n kleurskema van baie groen, bruin en ’n bietjie wit om by die houtmeubels te pas. Sandra en Jeanette het stylvolle en minimalistiese blom-kombinasies van tulpe, fynbos en groen loof bymekaar gemaak wat ongelooflik mooi gelyk het. En die feetjieliggies en kerse het die saal ’n rustige en romantiese gevoel gegee. Antoinette Wedding & Events het gesorg vir topgehalte kos wat die gaste baie geniet het, soos varklies en ’n wafel-stasie saam met die troukoek.

Dit was vir die paartjie ’n groot prioriteit om seker te maak dat al die gaste lekker eet, dans en die Black Oystercatcher-wyn geniet – en toe hulle die dansvloer toemaak met ‘Piano Man’ in die vroeë oggendure, het hulle geweet dit was ’n sukses.

Francisca het hul troudag só opgesom: “Dit was net ’n absolute fees van vreugde, liefde en geluk die hele naweek deur. ’n Perfekte dag wat ons vir altyd sal koester in ons harte.” As die Black Oystercatcher-span is ons ongelooflik bevoorreg om te kon deel wees van julle spesiale dag – dankie Francisca en Gerhard.

 

 

Verskaffers:

 
Blomme en dekor  – Sandra en Jeanette van Black Oystercatcher Wines (Catch Her Weddings)
 
Spyseniering en koek – Antoinette Wedding & Events
 
 
Koördineerder – Nikki Du Toit (van Antoinette Wedding & Events)
 
Skryfbehoeftes – Star Signs
 
Fotograaf – Janitha Photography
 
 
 
Orrelis by kerk – AW Van Wyk
 
Hare en grimering – Studio Michelle
 
Vervoer vir gaste – Jebo Africa Shuttles en Pieter Daniels Elim Vervoer

Wedding Inspiration

Wedding | Bea & Paul

Wedding | Bea & Paul

The Black Oystercatcher is one of the prettiest venues that we looked at and marrying here was definitely the best choice we could make.

Our Wedding Venue

The wedding venue with a difference

We added a new venue to our centuries-old farmstead in 2016. It’s a venue that merges perfectly with the rich Overberg country: glass doors and windows all around, connecting you to nature.

Exposed brick walls, wooden beams, and a large veranda leading out to the infinity pool. And beyond that, the stretching Agulhas Plain countryside. Find out more.