Piet van As: ‘n Bek vol Strandveld
Amper 30 jaar nadat Dalene Matthee vir Piet van As uitgedaag het om sy stories vas te vang in ‘n boek, is ‘n Bek vol Strandveld nou hier.
Die boek sal deur oom Piet bekendgestel word by Black Oystercatcher op Saterdag 16 Junie.
‘n Bek vol Standveld is ‘n versameling kortverhale, sketse en gedigte oor die Strandveld, soos vasgevang deur ‘n egte Strandvelder.
Stories sluit in ‘n terugblik op die verhale van die Strandveld en die dag toe Buurman Prins Harry ‘ontvoer’ het. Die boek is ‘n kosbare bydrae tot die kultuur-erfenis van die Agulhas streek.
Soos Amanda Botha in haar voorwoord skryf:
“As jy Piet van As se stories lees of by kan sit wanneer hy self aan die woord is, weet jy hoe hy sy hartswêreld deur en deur ken. Die bloed in sy are is sout seewater, vleibos en alikreukel. Kortom, met sy stories en sy “prentjies” is hy regte, egte Strandveld mens.”
Sy stories is onderhoudend en lewenswarm. Hy erken self dat sy vertellings van bitter-soet onthou-verhale, terugverlang-verhale is – “hartseerverlange” na ‘n tyd wat was. Dis wat sy “onthoue na vore” bring. Dis hierdie besondere mense van die Suidpuntstreek wat Piet in sy stories weer lewend maak. Hul praat hul eie taal, vertroetel hul oorlewinge en folklore met ‘n kenmerkende en verkwikkende humor. Piet en sy mense ís wat hulle is – niemand kan of wil hom anders voordoen as wat hy is nie.”
Om die boekbekendstelling by te woon – en van oom Piet se staaltjies te hoor (met ‘n ligte versnapering), kontak ons om jou plek te bespreek: 028 482 1618.
Volg Piet van As: ‘n Bek vol Strandveld op Facebook.
Fotos & sketse: Strandveld Boeke
Activity News
We’re open again. Here’s what you need to know
Like so many in the tourism and hospitality sector, these have been 3 uncertain months for us.
Quiz: What does your wine palate say about you?
Did you know that your choice of wine tells us a little something about your personality?
Harvest 2020: The drought, the downpour and the delight
Harvest 2020 is well underway. And thanks to the January downpour in the Overberg …
Agulhas Plain
When people write poems about your #waterscapes, you know you have something pretty special.
Local Strandvelder, Piet van As (also known as Piet Prentjies), did just that, remembering his time spent at Waagskaalvlei (also known as Waskraalvlei). This poem, Waskraal, is included in his book, Piet se Stories – a book capturing some of the amazing untold stories of the Strandveld, and the colourful characters who lived here. Read more.
Black Oystercatcher Cottages on Instagram
[wdi_feed id=”2″]